DA gaan e-tol betwis

Argieffoto

Argieffoto

Die DA het Woensdag gesê hy gaan die grondwetlikheid van die wetgewing oor die e-tolstelsel in Gauteng betwis.

“Dit kan verreikende gevolge hê vir die bekendstelling van e-tol in die provinsie,” het die Demokratiese Alliansie in ʼn verklaring gesê. Besonderhede van die hofgeding sal Donderdag deur die party se woordvoerder, Mmusi Maimane, bekend gemaak word.

Die hoogste hof van appèl het in Oktober ʼn aansoek van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se e-tolstelsel van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.