DA gaan hof toe oor Nkandla

Zuma se Nkandla-woning

Zuma se Nkandla-woning

Die Demokratiese Alliansie (DA) wend hulself tot die hof in ʼn poging om toegang tot ʼn geheime verslag te kry oor president Jacob Zuma se Nkandla-huis in die noorde van KwaZulu-Natal.

Die verslag handel oor die regering se besteding van meer as R200 miljoen vir opgraderings aan Zuma se private huis.

Die DA se regspan het Maandag hofdokumente by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien in ʼn poging om toegang tot die geheime verslag van die departement van openbare werke te verkry. Die DA het al verskeie kere probeer om dié verslag te bekom, maar die versoeke is elke keer afgeskiet omdat dit “hoogs geheim” is.

“Nkandlagate is die grootste skandaal wat die misbruik van belastingbetalers se geld in Zuma se ampstermyn betref. Dit is ‘n voorbeeld van hoe die ANC se kultuur van persoonlike verryking ten koste van die belastingbetaler, ʼn kultuur is wat heel bo in sy senior leierskap sy oorsprong het,” het Lindiwe Mazibuko, die parlementêre leier van die DA, Maandag aan verslaggewers by die parlement gesê.

Intussen wag die Openbare Beskermer (OB) Thuli Mandonsela glo nog vir inligting om haar ondersoek oor Nkandlagate te voltooi. Mandonsela wag al ʼn geruime tyd vir dié inligting om haar verslag te voltooi, maar weier om bekend te maak wie dit moet verskaf.

Lees ook:
Nkandla: Madonsela-verslag sloer weens uitstaande inligting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meneer ·

As die dame bekend maak vir wie sy wag, is sy haar “cut” kwyt. Kom nou, ouens. Moenie so gevoelloos wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.