DA gaan Kaapse tolprojek beveg

Die e-tolhekke in Gauteng

Die voorgestelde N1-N2 Wynland-tolprojek in die Wes-Kaap gaan ʼn groot invloed op die armes in stedelike en landelike gebiede in die provinsie hê, het die DA Maandag gesê.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het tydens ʼn perskonferensie in die parlement gesê hulle gaan hul teenkanting van die voorgestelde tolprojek van die SA Nasionale Padagentskap (Sanral), wat glo geen opposisie van die ANC kry nie, gebruik in die DA se 2014-verkiesingsveldtog.

Die DA ondersteun ʼn dringende hofinterdik, wat deur die stad Kaapstad teen Sanral ingedien is, om te verhoed dat die voorgestelde projek voortgaan. Die saak word op 16 Mei in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor.

Ivan Meyer, die Wes-Kaapse leier van die DA, het gesê dat die landelike armes selfs harder as hul stedelike eweknieë getref kan word, gegewe die effek wat tolgeld op die landbousektor en vervoerkostes gaan hê. Die tolgeld gaan ook armes in die stad beïnvloed wat na verwagting meer geld vir taxi’s gaan moet opdok.

Lees ook:
Tolhekke glo “anders” in Kaapstad
Wynland-tolprojek: Dringende interdik aangehoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Ons land verbuik glo 579,000 vate ru-olie per dag. (VolgensSA departement statistiek).
Uit een vat word glo 71.92282 liter brandstof gerafineer.

71.92282 x 579,000 = 41,643,000 liter per dag

41,643,000 x 365 dae = 15,200,000,000 liter per jaar

15,200,000,000 x R2.50 pad fonds heffing per liter = R38,000,000,000 per jaar

38 billjoen!

R38,000,000,000 x 21 jaar sonder pad instandhouding = R798,000,000,000

Nagenoeg 800 biljoen Rand. Waarom moet ons tol betaal? Gebruik dit of skaf die heffing af!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.