DA gaan Ramphele ultimatum gee

Ramphele en Zille tydens Dinsdag se aankondiging dat Ramphele die DA se presidensiële kandidaat is vir die verkiesing. Foto: ARod Macleod/Twitter

Ramphele en Zille tydens Dinsdag se aankondiging dat Ramphele die DA se presidensiële kandidaat is vir die verkiesing. Foto: ARod Macleod/Twitter

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, versoek om dit duidelik te maak oor of sy by die party gaan aansluit en as presidensiële kandidaat in die verkiesing gaan staan en of sy die ooreenkoms gaan kanselleer, berig die Sunday Times.

Helen Zille, leier van die DA, het aan die koerant gesê die bal is nou in Ramphele se speelveld. “Sy moet dit duidelik maak of sy bereid is om by ons ooreenkoms te hou. Indien sy nie langer wil nie sal ons dit verder hanteer.” Volgens die berig sal die DA Sondagaand met Ramphele vergader. Daar was reeds verwarring oor Ramphele se posisie kort nadat daar Dinsdag aangekondig is dat sy die DA se presidensiële kandidaat in die verkiesing gaan wees. Die DA het ʼn verklaring uitgereik waarin die party gesê het hy sal Ramphele en Agang SA se lede by die DA verwelkom. Kort hierna het Ramphele ʼn verklaring uitgereik waarin sy gesê het dis onwaar dat sy by die DA gaan aansluit. Mark Peach, direkteur van kommunikasie by Agang SA, sê Ramphele is steeds die leier van die party. “Agang SA bestaan steeds en sy is steeds die leier. Ons gaan voort om met ons veldtog en die bou van strukture.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gideon Joubert ·

Die DA het heeltemal die pad byster geraak. Pro regstellende aksie en SEB, en anti-middelklas. Hulle het nie ‘n verkiesings beleid nie, hulle het nie rigting nie, en na verskeie swak deurdenkte besluite (Aba Thembu koning onder andere) het hulle duidelik geen beginsels meer oor nie. Die DA is besig om uit te rafel.

Johan van der Walt ·

Ek stem honderd persent saam met Gideon. Meng jou met die semels en die varke vreet jou op. Die DA is nie meer n’ opsie nie en Zille moet van rigting verander.

Chris ·

Die DA speel nog altyd vir die masas.As daar 40 miljoen konserwatiewe mense in RSA was, was hulle ‘n konserwatiewe party, Glo my.rigtingloos, geen inbors,geen moraliteit en geen beleid van hulle eie net.Daarom sal hulle totaal verswart want dis waar die kiesers le en hier in SA is die verkiesing grootliks ‘n rassetelling.Waarom dink julle stel hulle Rampele bo die dansende ,laggende,rooi Helen aan,omdat sy meer bevoeg is? Nee omdat sy swart is,vra naar vir Oom Niekie .

Gideon Joubert ·

Dood korrek. Hulle beweeg vinniger na links as die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.