Die Demokratiese Alliansie het president Jacob Zuma ʼn F gegee in die party se oorsig van kabinetslede se werksverrigting die afgelope jaar.
Die kabinet “Klas van 2011” het volgens die DA en die Vryheidsfront Plus nie ʼn baie goeie jaar gehad nie, met albei partye wat hulle prestasie vir die jaar op onder 50 persent beoordeel het. Die DA sê terwyl vanjaar se kabinet tekens van verbetering getoon het, het hulle net-net uitgemis op ʼn gemiddelde telling van ʼn D of 50 persent. Die Vryheidsfront Plus het ʼn punt van 42 persent aan die kabinet toegeken. Volgens die DA se jaarlikse “rapport” is “daar nog duidelik baie werk om te doen”. Die “rapport” beoordeel die ministers se prestasie op ‘n skaal van A tot F. “President Zuma se beheptheid met die handhawing van mag het sy aandag afgetrek van kwessies wat Suid-Afrika lamlê, veral armoede en werkloosheid. As die president sy prestasie wil verbeter moet hy sy persoonlike politieke belange opsy sit en die land se mense eerste,” sê die DA. Talle van Zuma se ministers het redelik goed gevaar in die DA se “rapport” hoewel agt ministers ook soos Zuma ‘nm F gekry het.
Só lyk die kabinet se “rapporte”:
[nggallery id=14]
Alles foto’s van GCIS