DA het Oudtshoorn-munisipaliteit “oorgeneem”

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie (DA) het die Wes-Kaap se Oudtshoorn-munisipaliteit oorgeneem nadat ‘n mosie van wantroue Vrydag deur ANC-verteenwoordigers goedgekeur is.

“Die DA het die mosie teen die burgemeester, adjunk burgemeester en speaker ingestel,” het Mmusi Maimane, woordvoerder vir die DA, gesê. “Vyf van die 11 ANC-raadslede, en raadslede van Congress of the People (Cope) het saam met die DA gestem.

‘n DA-burgemeester, -adjunk burgemeester en -speaker is gevolglik aangestel.

“Ná die raadsvergadering het vyf van die ANC-lede bedank en by die DA aangesluit,” het Maimane gesê. “Die ANC-raadslede was duidelik oor hul redes vir die bedankings. Hulle is moeg vir swak dienslewering, wanbestuur en wanadministrasie binne die ANC-munisipaliteit.”

Marius Fransman, provinsiale voorsitter van die ANC, kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Die SAUK het berig dat Gordon April, ANC-burgemeester en vier ander ANC-lede uit die vergadering gestap het “na ‘n hewige woordewisseling”. Die raadsvergadering het sonder hulle voortgegaan. April het glo buite aangevoer die vergadering is onwettig. Die nuwe leierskap het egter gesê hy het bewyse dat die hooggeregshof ander, soortgelyke vergaderings, wettig verklaar het.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Met die 2014-verkiesing bykans op hande, sal daar nog baie “voorvalle” op die politieke front plaasvind en sal die ANC al meer op sy neus kry. Die ANC gaan na die verkiesing heelwat swakker daaraan toe wees omdat daar al meer ontevredenheid en wantroue in sy bestuur van die land ontstaan. Daarenteen gaan die DA, as die sterkste opposie-party, met baie meer setels uit die stryd tree.

De Wet Momberg ·

Mooi man , hoop dit is ‘n nuwe trend wat die land vol sal versprei !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.