DA hof toe oor e-tol

Die nuwe advertensieborde teen e-tol wat die DA opgerig het

Die nuwe advertensieborde teen e-tol wat die DA opgerig het

Die DA het Sondag gesê hy sal vandeesweek die hof nader om die wet op e-tol ongrondwetlik te verklaar.

“Ek verteenwoordig die inwoners van Gauteng wat oorwegend teen die e-tolstelsel gekant is,” het Mmusi Maimane, woordvoerder van die DA, in ʼn verklaring gesê.

Die saak word Dinsdag en Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor.

“Ons is van mening dat die wysigingswetsontwerp oor vervoerwette en verwante sake (E-tolwet) foutiewelik deur die parlement goedgekeur en deur pres. Jacob Zuma onderteken is,” het Maimane gesê. “Indien die saak suksesvol is, sal die wet weer aan die parlement gestuur word vir hersiening.”

Maimane sê hulle gaan aanvoer dat die wet foutiewelik deur die Nasionale Vergadering as ʼn artikel 75-wetsontwerp (wat slegs in die parlement debatteer word) aangedui is, en nie ʼn artikel 76-wetsontwerp (wat in die parlement en provinsies debatteer word) nie.

Indien die DA die saak in die hooggeregshof wen, sal die saak outomaties na die konstitusionele hof verwys word waar die wet moontlik as ongrondwetlik verklaar kan word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.