DA hof toe oor mosie van wantroue in Zuma

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die DA het aansoek gedoen om ʼn dringende hofinterdik waarin hulle vra dat die mosie van wantroue in president Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering gedebatteer moet word.

Die DA se parlementere leier, Lindiwe Mazibuko, het op 8 November die mosie namens die DA, ACDP, Azanian People’s Organisation, Cope, die Vryheidsfront Plus en die Inkatha Vryheidsparty aan die Nasionale Vergadering voorgehou. Redes vir die mosie sluit onder meer die Marikana-tragedie, die omstredenheid rondom Zuma se tuiste in Nkandla, die handboek-sage in Limpopo en die probleem van toenemende werkloosheid in. Die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, het Woensdag gesê dat daar eenparig besluit is in die ANC se koukus dat die mosie ‘beuselagtig’ is. Die mosie is nie op die parlemente program geplaas nie. Die DA het intussen ook aan die speaker van die parlement, Maxi Sisulu, geskryf en hom gevra om te verseker dat die mosie op die program geplaas word voor die parlement se sitting op 22 November eindig. Die party se Sisulu se reaksie sal bepaal of die party voortgaan met die hofaansoek. Volgens die DA wil die ANC nie die mosie debatteer nie omdat hy bang is sy eie LP’s stem teen die president.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.