DA in die hof oor Zuma-spioenasiekassette

Pres. Jacob Zuma

Die DA se hofgeding vir die vrystelling van die sogenaamde “Zuma-spioenasiekassette” sal na verwagting Woensdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof begin.

Regter Rami Mathopo sal die saak aanhoor.

Regters vir die Demokratiese Alliansie, die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA), en pres. Jacob Zuma het Woensdagoggend hul lêers nagegaan en aantekeninge gemaak. Die DA het Dinsdag gesê hy sal die hof versoek om die NPA te dwing om die dokumente en kassette te oorhandig nadat die hoogste hof van appèl bevind het dat hy by magte is om dit te ontvang.

Die kassette is opnames van telefoongesprekke wat afgeluister is. Die DA is oortuig dat dié opnames lig sal werp waarom die klagtes van bedrog en korrupsie teen Zuma laat vaar is.

Die opnames is glo die grondslag vir ʼn besluit wat in 2009 deur die destydse waarnemende hoof van die NPA, Mokotedi Mphse, geneem is om die klagtes te laat vaar.

Die hoogste hof van appèl het die NPA in Maart 2012 14 dae gegee om die dokumente te oorhandig.

Die DA voer aan dat die kassette deur die nasionale intelligensieagentskap aan die NPA oorhandig is, in plaas van Zuma se regspan. Daarvolgens is die dokumente glo nie vertroulike inligting nie.

Zuma se prokureur, Kemp J Kemp voer aan dat dit geen water dra in die saak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.