DA-jeugleier sê party moet sterker optree

Mabli Ntuli

Mabli Ntuli, die nuutverkose leier van die Demokratiese Alliansie (DA) se jeugliga, het gesê die party moet sterker optree.

Ntuli het aan die City Press gesê die party moet harde kwessies soos dagga, dwelmverbruik en alternatiewe behuising en oplossings daarvoor aanspreek. “Gee die mense boumateriaal sodat hulle hul eie huise kan bou, en sny die middelman uit,” het sy gesê.

Sy sê die land “sit vas” omdat ons altyd alles dieselfde doen. “Wat ons nou nodig het, is iets nuut,” het sy gesê.

Ntuli (25) is Saterdag as die DA se nuwe jeugligaleier aangestel tydens die liga se konferensie in Newtown in Johannesburg.

Sy dien al sedert 2010 op die jeugligaraad en besit haar eie maatskappy wat funksies reël. Sy is ook ʼn taxi-baas en besit twee taxi’s wat sy by haar pa, Ben Ntuli wat ʼn groot taxi-baas was, geërf het. Ben is glo in verband met taxi-geweld vermoor toe Ntuli agt jaar oud was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eduan ·

Give that woman(man) a Bells. Ek hou van die manier hoe sy dink. Baie sal dink dit sal nie werk nie maar dit kan baie korupsie hok slaan, jy doen aansoek om n huis te bou en soos jy bou trek jy voorraad nadat n inspeksie gedoen is oor wat jy nodig het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.