DA kom op vernietigde handboeke af

Die DA het Vrydag op ʼn terrein in Limpopo afgekom waar handboeke en skryfbehoeftes gestort en vernietig is.

Desiree van der Walt, DA-koukusleier in Limpopo, het Saterdag in ʼn verklaring gesê Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, moet hiervoor antwoord gee.

“Ons het die terrein in Polokwane besoek waar ‘n kontrakteur beweer hulle word deur die regering betaal om die boeke te vernietig,” het Van Der Walt gesê.

Handboeke en skryfbehoeftes is op die terrein gestort, terwyl verskeie skole al sedert die begin van die jaar daarvoor wag. In Mei het die hooggeregshof in Pretoria die departement van basiese onderwys gelas om talle skole in die provinsie met handboeke te voorsien.

Pat Kgomo, die woordvoerder vir Limpopo se onderwysdepartement, het gesê die saak het eers Vrydag onder hul aandag gekom en dit word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.