DA lê klagtes teen “verregses” oor “rassehaat protesaksie”

Foto: www.boerevryheid.co.za

Die DA in Mpumalanga gaan Maandag klagtes aanhangig maak by die Menseregtekommissie teen sewe “verregse groepe” na ʼn “rassehaat protesaksie” in Delmas verlede week in reaksie op die moord van die vyf maande oue `Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede.

Die DA se leier in Mpumalanga, Anthony Benadie, sê die groepe is: Die Boere-Afrikaner Volksraad, Volksraad Verkiesings Kommissie (VVK), Die Verkenners, Republikeinse Vrouebeweging, Kommandokorps, Herstigte Nasionale Party (HNP) en die AWB. Van die plakkate wat glo tydens die protesaksie vertoon is sluit in: “Swart lafaards – los ons vroue en kinders uit”, “Diefstal, verkragting, moord: Ons is klaar met swart Suid-Afrika” en “Barbare los ons kinders uit.” Benadie sê die “opruiende slagspreuke” is teen die beginsel van “geen persoon mag onbillik teen ʼn ander persoon diskrimineer op grond van ras nie”. Hy sê tragiese voorvalle soos die moord op Botes en sy dagmoeder mag nie deur “roekelose verregse groepe” as ʼn instrument gebruik word om hul “haatdraende en diskriminerende ideologieë” te bevorder nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.