DA loop weer vir jeugloonsubsidie

DA-ondersteuners het Maandag ‘n betoging in Pietermaritzburg gehou om aan te dring op die onmiddellike instelling van ʼn jeugloonsubsidie.

Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, en Sizwe Mchunu, die party se provinsiale leier, het die optog van Dales Park na premier Zweli Mkhize se kantore gelei.

Die DA het in ʼn verklaring gesê die party neem kennis van Mkhize se ondersteuning van ʼn jeugloonsubsidie.

William Goldstone, woordvoerder vir die party, het gesê die implementering van die subsidie sal meer as 200 000 poste vir die jeug beteken. Hy het gesê die regering is huiwerig om dit in te stel weens druk deur Cosatu.

Daar was ʼn sterk polisieteenwoordigheid na ʼn soortgelyke optog verlede maand toe die DA na die betrokke vakbond se hoofkwartiere in die Johannesburgse middestad opgeruk het oor Cosatu se teenkanting teen die subsidie. Dié optog het handuit geruk toe Cosatu-lede die DA teengestaan het en na bewering met klippe gegooi het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.