DA-LP glo oor wetsontwerp-fiasko geskuif

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoSej Motau, DA-LP, wou nie Sondag spekuleer oor of sy skuif van die party se arbeidskomitee na ekonomiese ontwikkeling verband hou met die omstredenheid rondom die party se posisie oor gelyke indiensneming nie.

“Ek sal nie so hoop nie….Indien ek nie gesê word nie, kan ek nie spekuleer hoekom nie,” het Motau gesê. Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het Saterdag aangekondig dat Motau deur Kenneth Mubu vervang sal word. Dit kom nadat die DA se parlementêre koukus in Oktober ja gestem het vir die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming. Die wysigingswetsontwerp sal die afdwing van rassekwotas in die werkplek versterk en word deur verskeie partye en organisasies teengestaan. Helen Zille, DA-leier, het Vrydag erken dat die party ʼn fout gemaak het deur vir die wysigingswetsontwerp te stem. Sy sê die DA-verteenwoordigers op die portefeuljekomitee was nie genoegsaam voorberei toe hulle vir die wysigingswetsontwerp gestem het nie. Zille sê die DA sal nou wysigings aan die wet voorstel en daarteen stem indien die veranderinge nie aangebring word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.