DA mag nie optog hou nie

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoDie DA sê hy gaan appelleer teen die Johannesburgse metropolisie (JMPD) se besluit dat die party nie Dinsdag ʼn optog na die ANC se hoofkantoor mag hou nie.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, sê die party het ʼn grondwetlike reg om bymekaar te kom, te demonstreer en te betoog. Selfe sê die party het sy regsverteenwoordigers versoek om ʼn appèlaansoek voor te berei. Hy sê die DA het sy aansoek om ʼn optog te hou lank voor die 14 dae vensterperiode vir toestemming ingedien. “Sedertdien het die JMPD talle vergaderings uitgestel, ons mondelings toestemming gegee maar geweier om dit op skrif te sit en elke moontlike burokratiese struikelblok in ons weg geplaas. Gedurende die tyd is die ANC se intimidasie en dreigemente van geweld ʼn konstante geraas in die agtergrond gewees.” Die JMPD het glo toestemming vir die optog geweier omdat dit glo ‘n veiligheidsrisiko vir die betogers inhou.

Helen Zille, leier van die DA, het vroeër gesê sy sal nagenoeg 6 000 van haar party se ondersteuners lei wanneer hulle op 4 Februarie ʼn optog na Luthuli-huis hou. “Elke DA-ondersteuner sal 1 000 werklose Suid-Afrikaners verteenwoordig. Ons vat die geveg na Luthuli-huis om te beklemtoon dat [president] Jacob Zuma se ANC misluk het om werk te skep en korrupsie uit te wis.” Zille sê die DA sal die ANC se belofte dat ses miljoen werksgeleenthede geskep gaan word as “vals” ontbloot. Sy het Zuma daarvan beskuldig dat hy die land se mense mislei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Nou toe DA moenie dit julle afskrik. Hoeveel optogte word daagliks gehou sonder toestemming en dan die choas wat los bars. DA wys ons julle het eiers en doen so voort …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.