DA-optog: Hof sê nee vir ANC

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Dringende aansoek van die ANC om ʼn beskermingsbevel teen die DA te bekom, is Woensdagoggend deur die Johannesburgse hooggeregshof verwerp.

Die hof het geen rede vir die uitreiking van ʼn beskermingsbevel gesien nie, aangesien albei partye saamgestem het dat veiligheidsmaatreëls tydens die betoging gevolg sal word.

“Ons aanvaar die regter se besluit, en ons respekteer dit,” het Jackson Mthembu, die woordvoerder van die ANC, gesê. “Ons is ook verheug dat die DA in die hof onderneem het om nie na ons hoofkantoor te stap nie. Ons sou nooit die hof genader het as die DA ons belowe het dat ons personeel en bates nie deur die betoging bedreig sou word nie.” – SAPA

Lees ook:
ANC beskerm homself teen DA-optog
DA-optog in Johannesburg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.