DA-optog se ontwrigting haal buitelandse media

Fotot: @Sitholeexpress / Twitter

Fotot: @Sitholeexpress / Twitter

ANC-lede se ontwrigting van ‘n wettige DA-optog het Suid-Afrika weer ‘n skoot slegte nuusdekking in die buiteland besorg.

Afgesien daarvan dat berig word oor die polisie wat met rubberkoeëls op die ANC-ondersteuners moes losbrand, word die feit onderstreep dat bykans ‘n kwart Suid-Afrikaners in Afrika se grootste ekonomie werkloos is. Ook word vermeld dat winkels, banke en ander ondernemings uit vrees vir wanorde vooraf hul deure gesluit het.

Reuters skryf die geweld toe aan verhoogde spanning in die aanloop tot die verkiesing, wat as die ANC se grootste toets in 20 jaar beskryf word. Volgens Reuters het kommentators vooraf die DA se beplande optrede as skoorsoekery beskryf.

Bronne: Reuters, ANP, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Nou soek die DA skoor maar as ANC toitoi en mense wat werk het staak is dit niks.daar is baie mense wat werk soek maak plan en moenie net praat nie ANC

Dan ·

Jasper, jy slaan die spyker op die kop. Demokrasie in Afrika is ‘n droom wat so onwerklik en onhaalbaar is soos probeer spring van hier tot op Mars. Moet dit egter nie vir FW de Klerk en sy trawante vertel nie. Hoe ongelooflik dit ookal mag wees – daar is steeds van jou liberale volksgenote wat tot op hierdie stadium nog meen dat die beloofde utopia nog gaan kom en wie steeds sommer baie vertroue in die Grondwet het. Ook dat daar ‘n afsnypunt gaan kom wanneer apartheid nie meer blameer gaan word vir al die toertjies van die narre nie, en sekeres nie meer “voorheen benadeeld” gaan wees nie. Hulle moet lekker wag in hul droomwêreldjies en intussen ook getrou belasting betaal om al die streke en korrupsie te finansier.

Theresa ·

Al dra ‘n aap ‘n goue ring…………..

Hulle mag mos toi-toi en rondspring wanneer en waar hulle wil. Maar as die DA ‘n optog wil hou is die hel los.

Hulle kom nie eers agter hoe hulle gebruik en aan hulle neuse gelei word nie. Hulle kripeer van elende maar kyk vir wie stem hulle die 7de Mei. Van die 8ste af brand hulle weer die land af en is alles die witmense se skuld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.