Die DA studenteorganisasie (Daso) het Maandag ʼn opskudding veroorsaak op sosiale netwerke nadat die organisasie sy nuwe werwingsplakkaat op Facebook geplaas het.
IOL berig dat die plakkaat wys hoe ‘n wit man en swart vrou mekaar met kaal bolywe omhels. Die DA se jeugleier, Makashule Gana, het intussen die plakkaat verdedig. “Ons is ʼn nuwe generasie van mense en leiers en ons wil ʼn sekere samelewing te weeg bring, een waar mens nie twee keer sal kyk wanneer jy so iets sien nie. Ons praat van die toekoms.” Die plakkaat het ʼn storm ontketen op sosiale netwerke soos Facebook en Twitter met sommige mense wat dit as pornografie bestempel en sê dit sal meer gepas wees vir ʼn advertensie vir kondome as vir ʼn politieke organisasie. Daar is ook diegene wat die DA geloof het vir die plakkaat en meen dit is ʼn ware uitbeelding van die huidige Suid-Afrika.
Lees meer hier.
Goeie advertensie. Uit teksboek bedoel ek! Ek is nie ongemaklik. Die vraag is of ek enige iets sou se as dit nie wit swart was nie.. Ek is nie skynheilig nie!
Ek is onkant gevang!
Wat ‘n storm in ‘n teekoppie