DA-raadslid gepos oor rassisme

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoKaapstad se stadsraad het Junade Hoosain, DA-raadslid, uit sy pos verwyder weens rassisme.

Hoosain is deur die stad se dissiplinêre komitee aan rassisme skuldig bevind nadat hy glo rassisties was teenoor ʼn swart veiligheidswag, het Lisa Albrechts, woordvoerder van die party, gesê. Sy sê die party sal nou sy eie dissiplinêre proses van stapel stuur. Michael Toko, nog ʼn DA-raadslid, word intussen ook dissiplinêr verhoor nadat hy glo ʼn pensioentoelaag ontvang het alhoewel hy ʼn salaris verdien as voltydse raadslid. Albrechts sê sy is nie seker wanneer die dissiplinêre aksie teen Toko afgehandel sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.