DA-raadslid gepos oor rassistiese e-pos

Die DA het sy Nelson Mandelabaai-raadslid, Stanford Slabbert, se partylidmaatskap opgeskort.

Athol Trollip, leier van die DA in die Oos-Kaap, sê Slabbert is tydens ʼn dissiplinêre verhoor daaraan skuldig bevind dat hy ʼn rassistiese e-pos oor president Jacob Zuma versprei het. Slabbert het glo ‘n e-pos gestuur wat sê dat Zuma meer vroue as breinselle het. Die e-pos kap glo ook die ANC dat hy “dom idiote wat vir donasies wag” produseer. Volgens die e-pos lei Zuma ‘n land waar ‘n kwart van skoolmeisies MIV-positief is, aangesien Suid-Afrikaners “die siekte meer as enigiemand anders in die wêreld versprei”. Trollip sê die provinsiale dissiplinêre komitee het voorgestel dat Slabbert uit die party geskors word nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sekere klousules in die DA se grondwet oortree het. “Mnr. Slabbert se aksies is strydig met die waardes van die DA en word ten sterkste veroordeel. Die verspreiding van die e-pos deur mnr. Slabbert het die naam van die party in oneer gebring en dit nie weerspieël as ‘n nie-rassige party vir alle kiesers wat die party se beginsels en waardes onderskryf nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

OompieKedoompie ·

Deur suiwer na hierdie berig te kyk, sien ek NIKS rassisties nie. In teendeel, als blyk vir my die reine waarheid te wees. Of die DA is slapgat of mnr Slabbert het meer as bostaande in sy e-pos kwyt geraak.

Colin ·

Wat is die ‘rassisme’ waaroor hy gepos is? Soos ek die berig lees is hy oor 1.) “Zuma meer vroue as breinselle het” – niks oor ras nie. 2.) “die ANC dat hy “dom idiote wat vir donasies wag” produseer” – weereens is daar niks oor ras nie. 3.) “lei Zuma ‘n land waar ‘n kwart van skoolmeisies MIV-positief is, aangesien Suid-Afrikaners “die siekte meer as enigiemand anders in die wêreld versprei” – niks oor ras nie. Tensy die DA hierdeur probeer se dat blankes nie voldoen aan die samestelling van die land nie, of alternatiewelik dat die DA hierin sien dat swartes die MIV versprei – wat hulle dan as rassisties blootstel. Of mis ek iets erens?

Willy ·

Die DA moet sterk daaraan dink om sekere klousules in hulle grondwet te wysig. Wat Slabbert in die e-pos geskryf het blyk myns insiens die waarheid te wees.

Hendrik ·

Die DA is ruggraatlose wurms, waarom jaag julle mense weg wat die waarheid praat???

Gawie Botha ·

Dit is die een groot probleem om politiese korrekte verklarings te maak,dit is net so goed om siende blind te wees!

OompieKedoompie ·

Kan die berigskrywer (Nico Strydom) asb bevestig dat al die feite in die berig vervat is. Soos ek reeds gesê het: Daar is geen rassisme in hierdie berig nie.

Nico Strydom ·

Haai OompieKedoompie

Die berig is geskryf na aanleiding van ‘n persverklaring deur die DA. Die DA se dissiplinêre paneel het bevind dat die inhoud van die e-pos verdelend en onsensitief is en stellings bevat wat geklassifiseer kan word as rasse-stereotipering en rassisties van aard is.

Vriendelike groete

OompieKedoompie ·

Dankie Nico
Soortgelyke berigte is op News24 gepubliseer en die kommentare (en daar is BAIE) is soortgelyk aan die kommentare hier. Die DA het verseker ‘n hele paar punte by my verloor.
Dit was ‘n e-pos wat aangesttur was. Ja dit was dom en sekerlik onsensitief. ‘n Waarskuwing sou voldoende gewees het, maar om vir Slabbert te skors is absoluut belaglik.

javr ·

Stem saam dat daar baie erger dinge WAAR is oor Zuma en die arme man het net die waarheid gepraat. ‘n Waarskuwing sou voldoende wees maar hulle moet ook maar puntjies kry by die ANC. Sien nie ANC APE geskors as hulle ons so sleg sê nie.

Walla ·

Mens mag nie eers die waarheid praat nie…………… lyk soos n verskuilde agenda!!!!

Gert Malan ·

Ai, dat die man nou so stief behandel moet word vir die heilige waarheid! Hy moet eerder gekomplimenteer word vir die verskaffing van eerlike en korrekte inligting. Probeer die DA nou soos sommige blankes wat ek ken gatkruip en hul eie mense dissiplineer(?) net om in te wees? Wonder maar net.

Piet. ·

A nee a ! Waarom word JZ daarvan beskuldig dat hy meer vroue as breinselle het ? Ek glo nie dis waar nie. Dis net dat hy weet hoe om die een te gebruik maar die ander gladnie.
Natuurlik is baie mans so. Baie mans het al deur die een nie te gebruik nie, die ander gebruik en in die moeilikheid beland. ZV is nou daarvoor weer in die nuus (sop). Ene FW ook indertyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.