DA-raadslid glo oor rassistiese e-pos geskors

‘n DA-raadslid in die Oos-Kaap is geskors nadat hy glo ‘n rassistiese e-pos aangestuur het, het The New Age Maandag berig.

Stanford Slabbert het glo ‘n e-pos gestuur wat sê dat pres. Jacob Zuma meer vroue as breinselle het. Die e-pos kap glo ook die ANC dat hy “dom idiote wat vir donasies wag” produseer. Volgens die e-pos lei Zuma ‘n land waar ‘n kwart van skoolmeisies HIV-positief is, aangesien Suid-Afrikaners “die siekte meer as enigiemand anders in die wêreld versprei”.

Athol Trollip, provinsiale leier van die DA, het Slabbert se skorsing bevestig. Hy sê die e-pos is “baie aanstootlik en rassisties” en sê dat dit “in stryd is met die DA-grondwet”. ‘n Tugverhoor sal in Julie-maand plaasvind.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

H J Bester ·

Tanja, ek weet nie by wie jou lojaliteite lê nie maar, hoe dit ookal sy, is jou opmerking totaal onvanpas en val dit nie in goeie smaak nie. Hierdie soort uitlatings word nie op openbare platvorms of forums gemaak nie – daarvoor is dit gans te platvloers.

Probeer, hoe jy ookal van opinie mqg verskil, om minstens beskaafd te reageer op berigte in hierdie kolomme – daar is baie deelnemende lesers.

Berita Drescher ·

Ek sien totaal niks rassisties in hierdie hele saga nie. Julle moet regkom DA!

Gawie Botha ·

“Vinkel en koljander,,die een is soos die ander”,,,,,,DA en ANC moet net besluit wie is vinkel en wie is koljander”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.