Die dissiplinêre komitee van die DA in die Wes-Kaap ondersoek een van sy raadslede van Mosselbaai nadat sy na bewering ʼn rassistiese uitlating gemaak het.
Susan Moodie het glo in Mei vanjaar aan Elsabé Moolman, van die Independent Civics Association of South Africa, gesê sy dat sy ʼn “bus vol k****rs” na ʼn vergadering sou bring nadat Moolman haar glo genooi het om ʼn vergadering oor behuising by te woon. Anton Bredell, provinsiale partyvoorsitter, sê die dissiplinêre komitee ondersoek tans Moodie se uitlatings en sal binne die volgende twee weke uitspraak hieroor lewer. Moodie kan ʼn formele waarskuwing of ʼn boete ontvang of selfs uit haar pos onthef word. Sy is in September deur die DA se gedragskodekomitee daaraan skuldig bevind dat sy die party se gedragskode oortree het.
“… bus vol kinders?”