DA reageer op Mangaung-uitslag

Helen Zille

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag op die uitslag van die ANC se nasionale verkiesingskonferensie reageer.

“Die herverkiesing van Jacob Zuma as president van die ANC is nie goeie nuus vir Suid-Afrika nie,” lui die verklaring. “Sy gebrek aan leierskap op enige van die groot beleidsvrae sowel as korrupsie en die misbruik van openbare hulpbronne sal voortduur.”

Volgens die DA sal werkloses en arm Suid-Afrikaners veral voel hulle is vandag in die steek gelaat, aangesien hulle glo die gevolge sal voel van ʼn president en ʼn regering wat nie met enige werkbare oplossings vir ekonomiese groei en werkskepping vorendag kan kom nie.

“President Zuma se herverkiesing stuur ʼn duidelike boodskap aan ANC-lede regoor die land dat dit aanvaarbaar is om magsposisies in die regering vir persoonlike gewin te misbruik. Dit stuur die boodskap dat korrupsie en die misbruik van openbare fondse aanvaarbaar is en dat daar geen gevolge sal wees indien jy skuldig bevind word nie. Dit stuur ʼn boodskap dat die ANC die tipe party is wat gesaghebbende persone buite die wet staan. Dit is veral wêreldwyd duidelik, waar dit onbegryplik is dat ʼn president al vir drie jaar lank, op meer as 700 aanklagte van bedrog, weer as president van die party herverkies kon word,” sê die DA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.