DA sal optog na Cosatu hou

Die DA beplan om met hulle optog na Cosatu voort te gaan. Die Johannesburg-metropolisie het egter nie toestemming vir die optog gegee nie. Foto: dailymaverick.co.za

Die DA het benadruk dat die party wel met Dinsdagoggend se optog na Cosatu se hoofkwartiere in Johannesburg sal voortgaan.

Dit volg nadat die Johannesburgse metropolisie gesê het hulle sal nie die optog toelaat nie. Beide die ANC en Cosatu het die DA ook gevra om die optog te staak.

DA-woordvoerder, Mmusi Maimane, het egter gesê die party het geen formele dokumentasie, wat hulle verhoed om met die optog voort te gaan, van die metropolisie ontvang nie en sal dus die beplande roete volg. Volgens Maimane sal die optog om 11:00 begin. Die party verwag dat meer as drie duisend van hulle lede aan die opmars sal deelneem.

Die optog is ʼn protes teen verlies van werksgeleenthede en Cosatu se teenstand teen ʼn jeugloonsubsidie. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charles Kunneke ·

Dis reg dat hulle voortgaan. Hoekom mag die DA nie optogte hou nie, met slegs 3000 van hul lede, waar as Cosatu of die ANC optogte wil hou, in hul menigte, is dit geen probleem nie. Stry voort DA!!!!

Mike ·

Ek dink dat hier een aspek is wat uitstaan na die DA se betoging. Dit dui ‘n geweldadige pad vir SA vorentoe aan. Die ANC duld nie opposisie nie hulle sal dit met geweld teenstaan. Die DA het nie die getalle om die Cosatu’s en die ANC aan te vat nie, veral nie met optogte nie, dit kan geweldadig raak en ek hoop Zille sal die verantwoordelikheid daarna aanvaar.

Ek glo nie dat die afrikaner hierby betrokke moet raak nie, hulle moet eerder hulleself organiseer in gemeenskappe wat onderling saamwerk op elke gebied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.