DA se Jack Bloom het sy oog op premierspos

Jack Bloom

Jack Bloom, leier van die DA in Gauteng, sal volgende jaar tydens die verkiesing homself beskikbaar stel vir die pos van die premier in dié provinsie.

Hy het sy kandidaatskap Maandag in Johannesburg bekend gemaak. “As premier van Gauteng sal ek seker maak dat daar ware dienslewering is, en ʼn regering wat aanspreeklik, doeltreffend en korrupsie-vry is,” het hy gesê.

Hy sê hy sal die bloulig-brigades verbied, die e-tolprojek skrap en seker maak dat belastinggeld nie op “uitspattige motors en korporatiewe kredietkaarte” vermors word nie. “My visie vir Gauteng is dat nie een persoon agtergeblewe of vergete moet wees nie.”

Geleenthede sal deur opvoeding en innovasie geskep word.

“Burokrasie sal verminder word sodat klein besighede poste op ʼn groot skaal kan aanbied,” het Bloom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.