DA se jammer oor valse ANC-pamflette

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoDie DA het om verskoning gevra vir pamflette wat tydens die onlangse tussenverkiesing van die Tlokwe-munisipaliteit, in Noordwes, verprei is wat die ANC wanvoorstel, het The Star Donderdag berig.

Die DA het Woensdag in die parlement erken dat hy die valse pamflette verprei het wat neerhalende boodskappe aan die kaak stel wat verband hou met die ontsetelde burgemeesterskandidaat Maphetle Maphetle.

Die ANC het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) versoek om die voorval te ondersoek en die DA te straf.

Die regerende party het dit beskryf as die “laagste en vuilste” veldtog wat deur die amptelike opposisieparty gevoer is.

Chris Hattingh, die leier van die DA in Noordwes, het erken dat ʼn fout begaan is en blameer die druk en verspreiding van die pamflette op ʼn “oor-entoesiastiese” personeellid.

“Die pamflet het nooit die finale goedkeuring gekry nie en is sonder oorsig gedruk. Al wat verkeerd was van die pamflet, was die ANC se logo. Die ANC het ons daaroor in kennis gestel en ons het om verskoning gevra,” het Hattingh gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willy ·

Hierdie verskoning is so oud soos die berge. Gee altyd die ander die skuld.
In hierdie geval is dit nou die ‘oor-entoesiastiese” personeellid wat die blaam moet dra.
Bestaan daardie personeellid regtig of is hy/sy gou gestig?

vuurvreter ·

Hoekom verskoning vra vir die klomp skelms? Vra hulle ons om verskoning as hulle ons lieg en bedrieg om elke hoek en draai. Dis n grap.

Ver Van Ryn ·

“Al wat verkeerd was van die pamflet, was die ANC se logo.” En dan lees ons net voor dit: “Die regerende party het dit beskryf as die “laagste en vuilste” veldtog wat deur die amptelike opposisieparty gevoer is.” So skielik is die gebruik van die ANC se logo laag en vuil…werk vir my….

JAVR ·

Nee man, dit sê die logo was verkeerd maar die laag en vuil veldtog is 100% soos die ANC is!

kraalmuur ·

Ooglopend kan die DA nie die uitdeel van kospakkies bekostig nie.

kraalmuur ·

Wat bedoel jy verander my opmerkin? Ek probeer se^ dat die DA nie so korrup soos die ANC is om kospakkies vir stemwerwing te gebruik nie.

Waaksaam ·

hahaha … nee dis ‘n nuwe funksie op Maroela vir as jy jou mind change oor wat jy getik het en dit dalk wil verander … lol

JAVR ·

Dis vir my kostelik as die mense so opgewerk raak oor die funksie en dan nogal sê “volstaan by my opmerking” Te cute!

kraalmuur ·

Ha-ha! Lekker uitgevang is ek nou! Dankie vir uitwys van die nuwe funksie; dag eers ‘n redakteur probeer my opinie verander kry.

JAVR ·

Toemaar ons het maar almal so vinnig moes leer! Gelukkig het jy iemand om te sê wat dit is!

kraalmuur ·

Ek volstaan by my opmerking. Politiek bly ‘n vuil spel en die DA moet, net soos die ANC, pa staan vir hul eie vuil verkiesingstaktieke.

Alida Engelbrecht ·

Die ANC beskou dit die “laagste en vuilste” veldtog van die DA. Nou vra ek : hoe laag en hoe vuil was die rondstrooi van ontlasting deur die ANC ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.