DA se nuwe advertensie teen e-tol

Die nuwe advertensieborde teen e-tol wat die DA opgerig het

Die nuwe advertensieborde teen e-tol wat die DA opgerig het

Die Demokratiese Alliansie het Donderdag ʼn nuwe advertensiebord teen die e-tolstelsel op die N3-snelweg in Germiston, Gauteng, opgerig.

Die advertensiebord verklaar: “ʼn Stem vir die DA is ʼn stem teen e-tol.”

“Dit vorm deel van ʼn intensiewe veldtog om kiesers in Gauteng teen die regering, wat e-tol ingestel het, te mobiliseer,” het Mmusi Maimane, woordvoerder vir die DA, gesê. “Ons doen ʼn beroep op motoriste om vir die DA te stem om dié blatante diefstal te staak.”

Die DA het vroeër vanjaar op die N3- en N1-snelweg in Gauteng ook advertensieborde teen e-tol opgerig. Dié advertensieborde het die spot gedryf met die ANC en sy rol in die e-tolsage. Klik hier om meer te lees.

Die DA het op 7 November aangekondig dat hy ʼn aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof gaan indien om die grondwetlikheid van die e-tolwetgewing te bevraagteken. Pres. Jacob Zuma het dié wetgewing in September onderteken. Klik hier om meer te lees.

Die Vryheidsfront Plus, die TLU SA en die Nasionale Belastingbetalersvereniging het op 8 November ook ʼn aansoek by die hof ingedien om die wetgewing ongrondwetlik te verklaar.

E-tol tree op 3 Desember in Gauteng in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Ek hou van die advertensie maar die ANC se velle is so dik hulle sal hulle nie eers daaraan steur nie, maar ons moet maar druk volhou op hulle

Stoere Boer ·

Is dit nie dieselfde DA wat verklaar het dat sou hul in Gauteng aan bewind kom hulle nie e-tol sal verwyder nie? Ai verkleurmannetjie se moses.

Rondom Lelik ·

Stoere Boer en hulle ondersteun ook e-top in die Wes Kaap. Hierdie is net een van hulle liegstories om kiesers te werf. Wie dink hulle bluf hulle?

Rondom Lelik ·

Niks kan en sal e-tol stop nie, dit sal en gaan ingestel word. Die mense wat daardie paaie gebruik moet net nie die tag uit te neem nie en ook nie die rekenings betaal nie. End van die prent en end van e-tol. Indien hierdie e-tol wel ‘n sukses gaan wees gaan dit beslis landwyd ingestel word. Druk dit nou dood voordat dit te laat is.

Knopgat ·

Die DA ondersteun nie tol in die Weskaap nie. Kry jou feite reg voor jy sulke twak skryf.

Piet ·

Ou Jacob het ongetwyfeld nooit besef dat hy eintlik twee wette op 8 September onderteken het nie. Nie alleen die e-tol wet nie, maar ook het hy die doodstrafwet weer ingestel en onderteken : Hy het sy eie doodsvonnis geteken ! Asseblief, laat ons die skip nou te water laat sodat hy soos ‘n baksteen kan sink, saam met al die rotte aan boord. Gebruik die snelweë soos voorheen, indien moontlik selfs nog meer, om die aantal briewe en rekeninge wat uitgestuur moet word, so veel as moontlik te maak. Bevraagteken die dan, vra vir foto’s, en laat hulle uiteindelik weet : “My tjek is in die pos.” April is nog net vyf maande weg, wanneer ons hoop en bid dat ons die huidige klomp skelms en diewe finaal na hulle glorie sal kan stuur.

Conrad ·

AfriForum sê dat hulle nie e-tags gaan aanskaf nie. Nog nêrens het ek gelees dat die DA, Cusatu en wie nogal ook die ding beveg, nie e-tags gaan koop nie. Beteken dit dat hulle die ding net gaan beveg, of gaan hulle ook nie e-tags aanskaf nie. ‘Thumbs up’ vir AfriForum.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.