Dit kom terwyl Vrouedag vandag landwyd gevier word. ʼn Woordvoerder van die DA,, Lindiwe Mazibuko, sê vroue het steeds nie voldoende toegang tot werkgeleenthede en ekonomiese geleenthede nie. Sy sê vroue het ʼn groter risiko om aan MIV en Vigs blootgestel te word as mans aangesien hulle regte oor hulle eie liggame ontken word. Mazibuko het hulde gebring aan die vroue wat op 9 Augustus 1956 ʼn optog na die Uniegebou gelei het teen die paswette van Apartheid. Die verpleërvakbond Denosa het op sy beurt die land se verpleërs, wat meestal vroue is, geloof vir hulle werk. President Jacob Zuma sal later Dinsdag ‘n Vrouedag-herdenking by die Peter Mokaba-stadion in Polokwane in Limpopo toespreek.
DA sê vroue steeds nie vry van onderdrukking
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.