DA soek antwoorde oor Zuma se huurvlug

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die minister van verdediging, Lindiwe Sisulu, gaan moet verduidelik hoekom ʼn huurvlug vir president Jacob Zuma gereël is na New York.

Die Star berig dat die DA se skadu-minister van verdediging, David Maynier, ʼn parlementêre vraag sal indien oor die kwessie. Maynier wil onder meer weet of die maatskappy wat die huurvliegtuig beskikbaar gestel het by die tesourie goedgekeur is, sowel as die koste daaraan verbonde. Volgens berigte het Zuma se vlug belastingbetalers miljoene rande uit die sak gejaag. Die huurvliegtuig behoort glo aan die maatskappy van Ivor Ichikowitz, wapenhandelaar en ANC-donateur. Zuma het glo ʼn Boeing727 gehuur terwyl daar instandhoudingswerk aan sy Boeing737 gedoen word. Huurvlugte kan tot sowat R108 000 per uur beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.