DA soek onafhanklike ondersoek oor Gupta-landing

Foto: www.planespotters.net

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Sondag gesê dit is geen verrassing dat pres. Jacob Zuma en sy kabinet vrygespreek is van die landing van die Gupta-vliegtuig by Waterkloof-lugmagbasis nie.

“Van die begin af was die ondersoek na die landing ‘n noukeurig beplande skadebeheer wat ontwerp is om Zuma en lede van sy kabinet van die politieke gevolge te beskerm,” het David Maynier, LP vir die DA, gesê. “Die omvang van die ondersoek moet die rol, wat president Zuma en lede van sy kabinet gespeel het, insluit.”

Hy sê ‘n onafhanklike ondersoek na die omstrede landing van die vliegtuig moet deur die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, gedoen word.

Die Gupta-familie het ‘n vliegtuig gehuur om 270 gaste, wat Vega Gupta (23) se huwelikseremonie met Indies-gebore Aakash Jahajgarhia by Sun City sou bywoon, te vervoer. Die vliegtuig het verlede maand by die Waterkloof-lugmagbasis geland. Verskeie regeringsministers het ‘n ondersoek van stapel gestuur om te bepaal of daar ‘n breuk was in diplomatieke protokol.

Jeff Radebe, minister van justisie, het Sondag gesê Zuma en sy kabinet was glad nie by die landing betrokke nie. Klik hier om meer te lees.

Die ondersoek het bevind dat die ryk Gupta-familie van diplomatieke kanale gebruik moes maak toe hy nie landingsregte van ministers en Lughawensmaatskappy (Acsa) kon bekom nie. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, en haar raadgewer, is glo in Maart op verskeie geleenthede deur die Gupta-familie genader. Die versoek is op 3 April 2013 afgekeur.

Maynier sê die feit dat sommige ministers “op hul hande gesit” het en nie enige opdrag gegee het nie, is deel van die probleem en moes ook deel gevorm het van die ondersoek.

“Die minister van verdediging het ‘n versoek vir landingsregte ontvang en afgekeur. Indien die minister die sekretaris van verdediging en die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag amptelik in kennis gestel het, sou die Guptas se privaatvliegtuig nooit toestemming ontvang het om te land nie,” het Maynier gesê. “Dit is hoekom ‘n onafhanklike ondersoek deur die Openbare Beskermer gedoen moet word.”

-SAPA

Lees ook:
Zuma glo nie betrokke by Gupta-landing
Gupta-sage: Verslag gaan in parlementêre debat bespreek word
Gupta-uitnodiging opgeblaas
ANC: Gupta-debat gaan nie oor Zuma
Gupta-sage: Agt metropolisie amptelik geskors
Gupta-sage: Indiese Hoë Kommissie bevestig toestemming
Weermag het toe glo toestemming gegee vir Gupta-landing
Gupta-sage: Metropolisielede terug by die werk
Gupta-sage: Familie vra om verskoning, verwelkom ondersoek
Guptas-troue: Hotelgroep ontken “rassisme”
Zuma verwelkom Gupta-ondersoek
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.