DA stel Luthuli-huis optog uit

Helen Zille

Helen Zille

Die DA sê die beplande optog Dinsdag na die Luthuli-huis in Johannesburg gaan nie plaasvind nie, al het die party uiteindelik toestemming gekry nadat die Johannesburgse metropolisie (JMPD) dit aanvanklik afgekeur het.

Helen Zille, die party se leier, het Dinsdagoggend getwiet: “Die JMPD het onwettig ons optog geweier. Ons het die hof genader, maar moes die optog uitstel.” Sy het dit benadruk dat die optog slegs uitgestel en nie gekanselleer is nie.

Die party het in die Johannesburgse landdroshof teen die JMPD se besluit geappelleer en die hof het Sondag ten gunste van die DA beslis.

Zille het vroeër gesê sy sal nagenoeg 6 000 van haar party se ondersteuners lei wanneer hulle die optog na die ANC se hoofkantoor hou. “Elke DA-ondersteuner sal 1 000 werklose Suid-Afrikaners verteenwoordig. Ons vat die stryd na Luthuli-huis om te beklemtoon dat president Jacob Zuma se ANC misluk het om werk te skep en korrupsie uit te wis.” Zille sê die DA sal die ANC se belofte, dat ses miljoen werksgeleenthede geskep gaan word, as “vals” ontbloot. Sy het Zuma daarvan beskuldig dat hy die land se mense mislei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.