DA vergelyk Sanral-baas met PW Botha

PW Botha (links) en Nazir Alli.

PW Botha (links) en Nazir Alli.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se uitvoerende hoof, Nazir Alli, is die hedendaagse PW Botha, het die DA Donderdag gesê.

“Paaie is veronderstel om mense te verbind en te integreer,” het Mmusi Maimane, die Gautengse woordvoerder van die DA, gesê. “Wat e-tol gaan doen is om mense te skei en uitmekaar te hou. Alli is vandag se Botha,” het hy tydens ʼn DA-optog teen die e-tolstelsel in Johannesburg gesê.

“Ons is hier omdat ons kwaad is, en ons is hier omdat ons ‘n standpunt wil inneem.”

Apartheidsera staatspresident PW Botha was veral bekend vir sy outoritêre benadering tot sy regering. Maimane het gesê die ANC-regering het die e-tolstelsel op die land afgedwing. “Vandag sê ons vir hierdie ANC-regering om met trots hul e-tol terug te vat,” het hy gesê.

Die e-tolstelsel het Dinsdag op Gautengse snelweë in werking getree.

Lees ook: E-tol: Poskantoor moet op sloerstaking gaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben ·

Nazir Alli is ek reg as ek noem het jy nie so rukkie gelede bedank? Hoekom het jy terug op die sous trein geklim?

Conrad ·

Ek het gisteraand gesit, my sak met 5c, 10c en 20c geneem en pakkies van R6.60 gemaak vir die tolhek wat ek die meeste gebruik om op die snelweg te kom. Daardie sakkies gaan el elke keer vir die persoon gee as ek deur die tolhek gaan. Hulle moet dit neem, want dit is geld. Ek dink daar is baie mense met bottels bronsgeld in die huis. Gebruik dit om vir tol te betaal. Dalk haal hulle sommer later uit frustrasie al die bronsgeld van die ‘mark’ af en dan is ons sommer daarvan ook ontslae.

EyesEars ·

Liewe Ouers,
Hoe kan die da PW Botha en alli met mekaar vergelyk. Ek het nie ‘n probleem daarmee dat julle ‘n standpunt wil inneem nie, maar asb. moenie PW Botha so beledig nie. Botha het immers geweet waarvoor hy staan en hoekom. Alli het nie ‘n idee waarvoor hy homself, staan nie en volg ook maar net soos ‘n skaap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.