DA verloor Tlokwe-burgemeesterspos

Prof. Annette Combrinck

Die DA se prof. Annette Combrinck is Dinsdag tydens ʼn raadvergadering uitgestem as burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit in Noordwes nadat sy vir drie maande in die pos was.

Combrinck is in November verlede jaar tot burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit verkies ná ’n mosie van wantroue te midde van ANC-verdeeldheid. Die mosie was teen die voormalige burgemeester Maphetle Maphetle. Combrinck het die ANC se nuwe kandidaat, Lucky Tsagae, destyds met 20 stemme teenoor 19 stemme geklop om tot burgemeester verkies te word. Maphetle is egter gister met 31 stemme teenoor 21 stemme weer tot burgemeester verkies nadat die ANC ʼn mosie van wantroue teen Combrinck ingestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.