DA verwelkom berig dat Cele die week afgedank word

Die nasionale polisiehoof, genl Bheki Cele. Foto: GCIS

Die DA het ʼn berig dat die nasionale polisiehoof, genl. Bheki Cele, die week afgedank gaan word, verwelkom.

Die Sunday Times berig dat Cele na verwagting die week afgedank sal word wanneer president Jacob Zuma van ʼn besoek aan die VSA terugkeer. Die DA se skadu-minister van polisie, Diane Kohler Barnard, sê die DA vind dit verregaande dat dit die presidensie so lank gevat het om teen Cele op te tree nadat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, hom aan wanadministrasie skuldig bevind het. Madonsela het in Februarie vanjaar bevind dat ʼn huurooreenkoms van R500 miljoen vir nuwe polisiehoofkantore in die Pretoriase middestad onwettig was. Sy het in ʼn tweede verslag bevind dat ʼn huurooreenkoms vir provinsiale hoofkantore in Durban van R1,1 miljard ook onwettig was. Madonsela het Zuma beveel om stappe te neem teen Cele en die minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.