DA verwelkom besluit om SAR-troepe te onttrek

Helen Zille

Die DA het Donderdag gesê hulle verwelkom die president se besluit om die land se troepe uit die Suid-Afrikaanse Republiek (SAR) te onttrek.

“Dit is veral goeie nuus vir die families en vriende van die troepe wat in SAR gestasioneer is. Hulle moes vir die afgelope week in buitengewone gevaar lewe, terwyl hulle 13 van hul kollegas verloor het,” het Helen Zille, die DA se leier, gesê.

Sy het die presidensie versoek om so gou as moontlik die land in te lig wat die volle prosedure gaan wees.

President Jacob Zuma het Woensdag tydens die Eccas-beraad bevestig die troepe gaan onttrek word.

Zille sê voorts Zuma moet nog steeds verduidelik hoekom die troepe in die eerste plek daar was.

Dertien Suid-Afrikaanse troepe is op 23 Maart tydens ‘n skermutseling met rebelle buite Bangui doodgeskiet en 27 is gewond. Suid-Afrika het soldate na die SAR gestuur kragtens ‘n ooreenkoms wat in 2007 onderteken is om die SAR-weermag op te lei. ‘n Bykomende 200 soldate is na die SAR gestuur toe sekuriteit laat in 2012 afgeneem het om die opleiers en Suid-Afrikaanse militêre bates, wat reeds in die SAR was, te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.