DA verwelkom Midvaal-verslag

Die DA het die openbare beskermer, Thuli Madonselsa, se bevindings rakende wanadministrasie in die Midvaal-munisipaliteit verwelkom.

DA-LP en voorsitter van die party se uitvoerende komitee, James Selfe, sê die DA sal na afloop van Madonsela se verslag die reëls wat geld vir die optrede van sy openbare ampsdraers hersien. Madonsela het vroeër bevind daar is wanadministrasie in die Midvaal-munisipaliteit, die enigste DA-beheerde munisipaliteit in Gauteng. Madonsela het onder meer bevind dat die aanstelling van Odendaal Summerton Inc. as die enigste verskaffers van regdienste vir die afgelope 30 jaar strydig is met wetgewing. Madonsela het gelas dat Midvaal se munisipale bestuurder binne 60 dae ʼn verslag aan haar en ander rolspelers moet voorlê rakende vordering wat gemaak is met ʼn regrukplan. Madonsela sê sy het egter nie enige bedrog of korrupsie blootgelê in die sake wat sy ondersoek het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Albert Venter ·

Met alle ander positiewe aksies is hierdie sowaar ontstellend dat daar in ‘n DA Beheerde omgewing sulke gedrag openbaar word. Ons moet bewaak dat die skuld nie teenoor die DA is nie maar wel teen die mense wat verantwoordelik is of was vir hierdie aksies. Benewens en alhoewel die DA streng is aangaande hul reëls en neergelegde interne wette word daar verwag dat hierdie aksies onmiddelike regstelling sal geniet al beteken dit daar interne slagoffers sal wees maar die boodskap moet ernstig en duidelik uitgaan dat sulke gebeurtenisse nie geduld sal word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.