DA: Vier miljoen kiesers nie geregistreer nie

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoSowat vier miljoen mense is nie as kiesers vir volgende jaar se algemene verkiesing geregistreer nie, het Helen Zille, leier van die DA, Saterdag gesê.

“Volgens die OVK [Onafhanklike Verkiesingskommissie] is vier miljoen jong Suid-Afrikaners nie geregistreer om in volgende jaar se verkiesing te stem nie. Vier miljoen. Baie van hulle is potensiële DA-kiesers,” het Zille tydens ʼn byeenkoms in Mitchells Plain in Kaapstad gesê. “Registrasie is die eerste nodige stap om te wen. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie: Ons kan slegs wen indien ons genoeg mense kan registreer tydens die registrasienaweek van 9 en 10 November.” Zille sê dit is belangrik vir elke persoon om ʼn rol te speel om Suid-Afrika vir die beter te verander. “Dit beteken ʼn groeiende ekonomie met meer werksgeleenthede, beter skole, beter dienslewering aan die armes en minder korrupsie. Indien ons genoeg mense registreer om volgende jaar te stem kan ons wen. Ons kan in die Wes-Kaap wen, ons kan in Gauteng wen en ons kan die aanvoorwerk doen vir ʼn DA-regering vir die hele Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Seg Net ·

” beter dienslewering aan die armes en minder korrupsie.” Eish Antie Antie-Blank, so die dienslewering vir die ander landburgers bly dieselfde, net die vir die armes verbeter? Korrupsie sal daar wees, maar nou vir die DA en net minder? Mooi man of is dit nou vrou.

Kaspaas Breekwater ·

Mag die DA nooit die land probeer regeer nie. Die kiesers moet pasop dat hulle nie kry waarvoor hulle stem met die 2-gat DA jakkalse nie.

Seg Net ·

Ja Kaspaas dit is maar net die anc se regse vleuel soos die EFF hulle linkse vleuel is. Die anc het so hulle eie opposisie geskep. Het sodoende gesorg dat die opposisie dieselfde beginsels as hulle nastreef, linkse sowel as regse kant is dus gedek. Hulle is uitgeslape en kom ‘n lang pad in die politieke wêreld.

H J Bester ·

Seg Net, jy en Kaspaas Breekwater is die tipiese klaekouse wat met niks saamstem nie – dis natuurlik julle reg – maar julle verroer ook nie ‘n vinger om enige bydrae tot die land te maak nie – buiten natuurlik om net te kritiseer !!

Is julle nie ook altemit deel van die 4 miljoen potensiële kiesers wie nie geregistreer het om te stem nie. Indien wel, die volgende wenk vir julle: As julle nie wil stem nie, het julle ook geen reg om op enigiets aanspraak te maak nie. Indien julle wel geregistreer is en ‘n bepaalde politieke party ondersteun, raak aktief en lewer ‘n bydrae om die omstandighede in die land te verbeter.

Om van forum na forum bek uit te spoel oor alles wat jou pla of nie goed is nie, sal jou nêrerns bring nie – raak betrokke en lewer ‘n bydrae om dit vir ons almal ‘n beter Suid-Afrika te maak.

Trippie ·

Op 11 September ontvang ek ‘n SMS …

“You have the power to help the DA win Gauteng in 2014! Reply YES so we can help you register to vote. Reply STOP to optout”

Waar kry hulle my selfoonnommer ?

***

Henning, hier gaan ek en jy weer koppe stamp … ek kan en sal NOOIT my kruisie by die DA trek solank as was hulle GRONDHERVORMING steun nie.

***

H J Bester ·

Watter politieke party steun jy wat vir jou ‘n beter Suid-Afrika kan skep as die een waarin jy jouself tans bevind. Jy kan slegs ‘n verandering bring aan die omstandighede wanneer jy ‘n kruisie gaan trek – deur egter slegs kritiek te lewer, sal jou nêrens bring nie. Nee, raak betrokke !!

Dinknet ·

Haha!!!! Foute sluip altyd in met berigte en vandag s’n is heel gepas…… Ziller rym met riller….. Soek bietjie!

Dinknet ·

Iemand het nou een dag hier genoem dat sommige kommentaar verwyder word en dan lyk hy soos n roomyskind omdat hy weer dàárop kommentaar gelewer het…….. Wel, die Ziller-riller tikfout is reggestel en nou lyk EK soos die roomyskind!

Seg Net ·

Dinknet ek Seg Net nou lyk dit of jy Drinknet is en nie Dinknet nie of wat seg ek.

Dinknet ·

Jy seg reg,maar ek drink niet en dink net!! En dit was daar…… Ek beloof! Hoop iemand het dit saam met my raakgesien??

Nico Strydom ·

Haai Dinknet
Ons het die spelfout in die berig reggestel.
Baie dankie
Vriendelike groete

Dinknet ·

Dankie tog! Hier vee iemand die roomys van my voorkop af! Wat n goeie gevoel………

Trippie ·

Dinknet, jy sal dink ek jok, daar is regtig BAIE mense wat praat van Helen ZilleR, en mens voel te sleg om hulle elke keer reg te help.

NS: Ek het al BAIE soos ‘n roomys-kind gevoel, lyk of mens dan met jouself praat.

Trippie ·

Dinknet, BLY BY ONS, en moenie weggaan nie hoor.

Paar van ons wat heerlik saam kuier (en ek wil nie skinner nie, ek dink soms lag die joernaliste ook lekker saam VOOR hulle ons kommentaar verwyder).

Dinknet ·

Goeienag nuwe vriende! Hierdie Saterdag het nou die beste uit my getrek……… Ek sal bly Trippie! Ek geniet jul te veel! Dis darem al n rukkie dat jul beloer en saamlag……..

Frik Lotz ·

Almal wat nog nie geregistreer is om te stem nie,moet dit gaan doen.As jy nie geregistreer is nie,kan jy nie stem nie.En as jy nie stem nie,kan jy nie na die tyd kla oor dinge nie.Die DA moet net onthou dat dié party nie op sy eie die ANC kan onttroon en die regering oorneem nie.Opposisiepartye moet ná die verkiesing saamwerk en daar waar die ANC minder as 50% steun het,moet die opposisie n koalisie vorm en sodoende die ANC weghou vd mag.Minderheidsregte raak al hoe belangriker en daarom gaan die VF Plus n groot rol speel wat betref minderheidsregte en selfbeskikking.Mense wat sterk staan op kulturele regte,taalregte,regte vir minderhede en selfbeskikking vir groepe,kan gerus die VF Plus ondersteun.Suid Afrika het n verandering nodig en die VF Plus staan aan die voorpunt daarvan met n nuwe visie wat toekomsgerig is.Gaan kyk gerus na http://www.nuwevisie.co.za

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.