DA: ‘Vonnisvermindering klap in gesig van misdaadslagoffers’

President Jacob Zuma se aankondiging op Vryheidsdag dat van die land se gevangenes se vonnisse verminder sal word, is ʼn “klap in die gesig vir slagoffers van misdaad en hul gesinne.”

Die DA se woordvoerder oor korrektiewe dienste, James Selfe, sê verder dat dit die afskrikwaarde van vonnisse verminder. Zuma het gister aangekondig dat gevangenes se vonnisse met tussen ses en 18 maande verminder is. Gevangenes wat aan seksuele, gewelddadige, vuurwapenverwante of dwelmverwante misdade skuldig bevind is, se vonnisse is met ses maande verminder. Ander gevangenes se vonnisse sal met 18 maande verminder word. Selfe sê hoewel tronke oorbevolk is, moet dié probleem op ander maniere aangespreek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.