DA wil ANC-stemme onder 60% kry

Helen Zille

ʼn Party wat ‘n tweederde-meerderheid in ‘n verkiesing behaal is ongesond vir ‘n grondwetlike demokrasie, het Helen Zille, die leier van die DA, Maandag gesê.

“Dit is absoluut verkeerd in ‘n grondwetlike demokrasie, want dit gee die party die reg om met die grondwet te mors,” het Zille in ‘n onderhoud met die eNCA gesê.

Sy sê slegs president Jacob Zuma hoop dat die ANC ʼn tweederde-meerderheid tydens volgende jaar se verkiesing kry.

“Ons soek niks minder as ‘n tweederde-meerderheid nie,” het Zuma Sondag aan mense by die ANC in Gauteng se bekendstelling van die Moses Kotane-vrywilligers vir 2014 se nasionale verkiesing gesê.

Zille meen egter dat die twee grootste partye in ‘n demokrasie “min of meer gelyk gebalanseer moet wees om die regering op sy tone te hou”.

“Die DA sal daarvan hou om die ANC tot onder 60% bring, wat beter vir die land sal wees,” het Zille gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.