DA wil busse ondersoek

Die bus wat die skoolkinders vervoer het.

Die Demokratiese Alliansie het Maandag versoek dat voertuie, wat skoliere vervoer, meer gereeld ondersoek moet word.

“Die DA doen ʼn beroep op die departement van onderwys in Gauteng om seker te maak dat provinsiale en plaaslike polisie- en verkeersdepartemente voertuie, wat skoliere vervoer, meer gereeld ondersoek moet word om seker te maak dat alle voertuie aan die minimum veiligheidstandaarde en verkeerswette voldoen,” het Khume Ramulifho, woordvoerder vir die DA, gesê.

Hy reageer op ʼn busongeluk van 100 kinders jonger as 10 jaar oud wat Maandagoggend in Douglasdale, in die noorde van Johannesburg, plaasgevind het. Twee-en-dertig kinders is beseer toe die bus die pad verlaat en in ʼn sloot op die hoek van Witkoppen- en Waterfordstraat beland het.

Alle kinders het self uit die voertuig geklim. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.