“Daar is genoeg ambulanse,” sê departement

Argieffoto

Die departement van gesondheid in Gauteng het gesê bewerings dat daar nie genoeg ambulanse in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit is nie, word nie deur feite gestaaf nie.

“Volgens die departement se voorlopige ondersoek is daar genoeg ambulanse om die gebied te bedien,” het Simon Zwane, woordvoerder vir die departement, gesê.

Die DA het aangevoer dat daar slegs een ambulans in die munisipaliteit beskikbaar is, in plaas van die vereiste 11.

Zwane sê egter daar is twee operasionele ambulanse in Mogale City en nog twee by Randfontein, sowat 15km daarvandaan. “Daar is nog twee ambulanse by Yusuf Dadoo-hospitaal, drie by Leratong en vier in Bekkersdal.”

Hy sê hierdie hulpbronne is aan die munisipaliteit beskikbaar indien daar ʼn agterstand ontstaan.

Jack Bloom, woordvoerder van die DA, het vroeër in ʼn verklaring gesê daar is nie genoegsame ambulanse in die Wes-Rand-distrik nie en dat die departement van gesondheid in Gauteng dringend ambulanse aan die gebied moet voorsien.

Lees ook:
Te min ambulanse in Wes-Rand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.