Dag drie in Oscar-borgtogaansoek

Oscar Pistorius wag Woensdag in die beskuldigdebank vir sy borgaansoek om voort te gaan. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die staat en verdedigingspan sal Donderdag hul slotbetoë in die Pretoriase landdroshof lewer. Die verrigtinge sal na verwagting om 11:00 begin.

Adv. Barry Roux, Pistorius (26) se regsverteenwoordiger, het die polisie Woensdag daarvan beskuldig dat hulle die toneel besmet het terwyl hulle die skietdood van Reeva Steenkamp (29) ondersoek het. Hy het die ondersoekbeampte in die saak, ao. Hilton Botha, daarvan beskuldig dat hy sonder beskermende skoenoortreksels in Pistorius se huis rondgeloop het. Roux het Botha sover gekry om te erken dat hy nie kan bewys dat Pistorius sy prostese aangesit het voor die skietery nie. Volgens Roux het die verdediging ʼn span deskundiges by Pistorius se huis ingestuur na die polisie se ballistiese deskundiges klaar die huis gefynkam het. Roux sê hulle het ʼn punt van ʼn koeël in die toiletbak gevind wat nie deur die polisie se deskundiges gevind is nie. Botha het gesê hy is bewus daarvan.

Botha het tydens kruisverhoor ook erken hy kon geen bewyse op die toneel vind wat in teenstelling is met Oscar se weergawe van gebeure nie. Hy het ook erken dat Steenkamp se nadoodse ondersoek geen teken van aanranding of tekens dat sy haarself verdedig het, toon nie.

Die staat voer aan dat Pistorius beplan het om Steenkamp op Valentynsdag in sy spoghuis in die Silwer Woods-landgoed in die ooste van Pretoria te skiet. Hy is sedertdien in aanhouding by die Brooklyn-polisiestasie.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Oscar en koerantlesers – soos hond wat padda vang
Oscar-saak: Polisieman aangekla oor ‘dronk’-skietvoorval
Oscar se oom praat
Oscar-saak: Verdediging sê polisie het toneel besmet
Oscar: Pistorius stel hul kant van die saak
Oscar: Dag 2 in hof, polisie getuig
Oscar se weergawe
Nike, Oakley verbreek glo bande met Oscar
Oscar-borgsaak kry groot terugslag
Reeva ter ruste gelê
Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer
Oscar in hof, Reeva veras
Oscar se wedlope gekanselleer
Pistorius-familie: ‘Steenkamp se dood was ʼn ongeluk’
Bebloede kolf glo in Oscar se huis opgespoor
Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel
Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord
Oscar: Media in moeilikheid oor foto
Reeva se gedenkdiens gereël
Oscar se gesin betwis moordklag
Oscar bly in aanhouding
Oscar het Reeva glo deur toe badkamerdeur geskiet
Pistorius vandag in hof
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog 
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar: Staat gaan borg teenstaan
“Oscar erg geskok,” sê pa
Oscar-skietery: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melissa ·

Goeie wetter!! Hierdie gaan asof dit die trial is! Regtig waar?? Gee hom borg sodat die verhoor kan begin!

Marlené ·

Hi jy’ wat dink jy gaan gebeur met die hofsaak van Oscar Pistorius? Vertel asb’

Marlené ·

Verhoor van Oscar Pistorius! Wonder wat gaan gebeur’ wat dink jy gaan gebeur? Vertel ons almal asb!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.