’n Onderwyser (45) van Witbank wat vandag vir die besit van dagga in hegtenis geneem is nadat ’n skoolseun namens hom van dié dwelm verkoop het, sal Vrydag in die landdroshof in Witbank verskyn.
Volgens kol. Leonard Hlathi is ’n veertienjarige seun vroeg die maand met 18 daggazolle betrap. Die seun het toe erken dat hy die dwelms namens die onderwyser aan leerlinge verkoop.
Intussen is daar beslag gelê op 138g dagga ter waarde van nagenoeg R1 100 wat in die onderwyser se slaapkamer gevind is.
Verstaan ons nou hoekom onderwys in Suid-Afrika van die swakste in die wêreld en ook in Afrika is? Daar bestaan eenvoudig geen dissipline, verantwoordelikheid en toewyding nie buiten dat daar ook nie veel integriteit is nie.
Dis hoekom ek eerder my kind tuis onderrig. As ek sien hoe kinders verkrag, aangerand of vermoor word in skole is dit beter. Skole is nie meer soos toe ons in die skole was nie. Genade n onderwyser wat dagga het, watse voorbeeld stel hy?
Hoe kan n oonderwyser dit aan n skoolkind doen. Hy het die kind se hele lewe verwoes.
Hoekom nou so geheimsinnig. Noem die skool en onderwyser se name.
Dankie tog vir skole waar jy nog dissipline en Christelike Volkseie Onderwys kry, waar onderwysers omgee en kinders respek vir hul onderwysers het. Ja hulle het ook hul rebelle maar hulle sorteer dit vinnig uit.
As ek so na die ander berig kyk waar die leerder die onnie aanrand kan ek nogal versagtende omstandighede vir die daggarokende onnie sien. Miskien moet hy maar net ‘n kalmerende middel by sy apteek kry om die pappegaaislaai te vervang.
:(