Dagmoeder in hof ná sy glo babas slaan

Linda Mans. Foto: Nico van Heerden / Beeld

ʼn Dagmoeder wat verlede jaar glo twee babas, Keylaene-Maré Schreiber en Divan Myburgh, by ʼn kleuterskool in Pretoria aangerand het, het Woensdag in die Pretoria-streekhof verskyn. Linda Mans (36) word aangekla van kindermishandeling en aanranding met die opset om ernstig te beseer, berig Beeld.

Die dagmoeder van Teddy Winks-kleuterskool, in die weste van Pretoria, is op 16 Augustus in hegtenis geneem vir die beweerde aanrandings.

Die klagte is aanhangig gemaak nadat Mans glo vir Schreiber (toe 8 maande oud) herhaaldelik en hard op die boude, bene, lae rug en arm geslaan het. Mans het aan die baba se ouers gesê ʼn vrou in haar diens het haar “gepiets omdat sy nie wou slaap nie”.

Sy word ook daarvan aangekla dat sy vir Myburgh (toe 10 maande oud) in sy gesig geslaan het. Die klap het ʼn merk op die kind se gesig gelaat.  Sy het na die voorval glo in ’n brief aan sy ouers om verskoning gevra en beweer die klap was vir haar eie kind bedoel.

Landdros Maryke de la Rey het Woensdag vir Mans gewaarsku oor die erns van die aanklagte teen haar en gesê sy kan tot tien jaar tronkstraf opgelê word. Haar regsverteenwoordiger het bevestig sy kliënt verstaan die erns van die aanklagte.

Die saak is na volgende maand uitgestel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.