Dakar: De Villiers palm ‘n podiumposisie in

Giniel de Villiers en spanmaat Dirk von Zitzewitz vier hul derde posisie

Voormalige kampioen Giniel de Villiers het nóg ʼn podiumposisie ingepalm toe hy Sondag in die derde plek in die uitmergelende twee weeklange Dakar-wedren geëindig het.

De Villiers en sy medebestuurder Dirk von Zitzewitz het vierde in die finale skof geëindig, ʼn kort 29 km been tussen Pisco en Lima. Stephane Peterhansel van Frankryk was eerste en Nani Roma van Spanje tweede.

Die Suid-Afrikaanse span Duncan Vos en Robert Howie het 17de in die skof geëindig maar vasgebyt aan hul 11de posisie algeheel in die motor-kategorie. Mark Corbett en medebestuurder Francois Jordaan het sterk geëindig en het 14de in die finale skof geëindig en 24ste algeheel. Darryl Curtis het sy debuutren in die motorfiets-kategorie in die 27ste posisie die skof klaargemaak en ʼn indrukwekkende 22ste posisie algeheel ingepalm. Greg Raaf, die enigste ander Suid-Afrikaner wat die wedren voltooi het, het in die 69ste posisie oor die eindstreep gejaag en het sy posisie algeheel met een plek verbeter. Hy was 83ste algeheel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.