Dalai Lama kanselleer besoek aan SA

Ondersteuners van die Dalai Lama hou 'n nagwaak voor die parlement om druk op die regering te plaas om die Dalai Lama se visum goed te keur. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Dalai Lama het sy besoek aan Suid-Afrika gekanselleer nadat owerhede nie betyds ‘n visum aan hom kon uitreik nie.

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het die 76-jarige geestelike leier na sy 80ste verjaarsdag genooi wat Vrydag gehou word. Die Dalai Lama se kantoor in Indië sê hy sou op 6 Oktober na Suid-Afrika vertrek maar die besoek is afgestel. Daar is vroeër ʼn nagwaak voor die parlement gehou om druk op die regering te plaas om die Dalai Lama se visum goed te keur. Die Dalai Lama het twee jaar gelede om ‘n visum aansoek gedoen, maar dié aansoek was onsuksesvol. Hy het Suid-Afrika op drie geleenthede tussen 1996 en 2004 besoek, en oudpress. Nelson Mandela en Thabo Mbeki ontmoet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.