Dalai Lama mag nou vir Tutu kom kuier

Desmond Tutu en sy vriend, die Dalai Lama

Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu mag sy vriend, die Dalai Lama, uitnooi om sy 90ste verjaardag by te woon.

Suid-Afrika het verlede jaar die Dalai Lama se visum-aansoek onwettig vertraag. “Hy is die heiligste mens wie ek nog ooit ontmoet het,” het Tutu Donderdag gesê nadat die hoogste hof van appèl bepaal het dat die regering onwettig opgetree het deur dié geestelike leier van Tibet se visum-aansoek te vertraag. Die hof het bevind dat daar bewyse is dat die saak doelbewus vertraag is om ‘n besluit daaroor te vermy.

Die Dalai Lama is gedwing om planne om Tutu se 80ste verjaarsdag in Oktober 2011 by te woon, kanselleer. Tutu was woedend en het die regering beskuldig dat hulle erger is as die apartheidsregering. Na bewering het die regering onder druk van Sjina, Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, geswig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.