Dali Mpofu ruil ANC vir EFF

Adv. Dali Mpofu

Adv. Dali Mpofu

Advokaat Dali Mpofu het uit die ANC bedank om by die EFF aan te sluit, het die City Press Sondag berig.

“Interne verlamming [binne die ANC] is tot so mate dat dit net ʼn kwessie van tyd is voordat hy onvanpas sal wees vir die groter revolusie,” het Mpofu aan die koerant gesê.

Mpofu was 33 jaar lank ʼn lid van die ANC.

Hy verteenwoordig tans by die Farlam-kommissie van Ondersoek die families van myners wat in 2012 in ʼn skermutseling met die polisie by Marikana omgekom het. Hy het aan die City Press gesê hy glo “radikale beleide” is nodig om die armes te help.

“Ons moet aanvaar dat hulle [arm mense] behoeftes aangespreek gaan word ten koste van diegene wat het, sodat ons ʼn verwagting kan hê van stabiliteit,” het Mpofu gesê.

Alhoewel hy die diegene wat besluit om by die ANC te bly, respekteer, is sy voorspelling dat hulle “in die volheid van die tyd sal sien dat hulle net die sentiment en naam” ondersteun.

Keith Khoza, woordvoerder vir die ANC, het gesê Mpofu se bedanking bevestig gerugte dat hy “teen die ANC opgetree het om die ANC in ʼn negatiewe lig te stel”. “Dit is sy keuse indien hy voel hy wil by ʼn ander politieke party aansluit. Ons kan nie kommentaar lewer oor sy siening nie,” het Khoza gesê.

Mpofu sê hy is nie van plan om sy regsgewaad op te hang om ʼn voltydse politikus te word nie.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

leon ·

Ja en daar kry juluis nog n koolkop by. Party het min verstand maar rerig party het sweet blue niks.

Erich Goosen ·

Ek het altyd gedink ‘n advokaat wat hoe profielsake verdedig sal genoeg gesonde verstand aan die dag le om ‘n party of groepering te ondersteun wat gelei word deur ‘n person met intellek en integriteit. Duidelik is dit nie waarvoor adv Mpofu kyk nie.

Paul ·

Dali Mpofu, die man wat ‘n R11 miljoen uitbetaling van die SABC aanvaar het?

Rudi ·

Meneer Mpofu – dit is mos meneer, ne? – sê my gou: hoeveel van JOU fortuin gaan aan die armes? Ry jy nog daai fancy kar van jou? As jy nog nie jou geld weggegee het nie, het jy nie die reg om die res van ons s’n af te vat “vir die armes” nie. Daai is mos nou net ‘n bogstorie om al ons geld vir jouself te vat. Jy’s mos by bestek arm omlat jy swart van vel is.

En die “vir die armes” verskoning sal jy vir altyd kan gebruik, want dis soos die Heilige Juliaaaas mos gesê het: “Die armes sal altyd met julle wees; maar ons cadres se kaal-vrou-en-sushi geld moet van IEWERS af kom. Skiet die Boere.” (Die Evangelie van Mal Emmer 37:15-17)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.