Dallas kom terug!

Die immergewilde sepie, Dallas, keer binnekort terug na ons televisieskerms.

M-Net het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Dallas se premiére sal op 28 Augustus om 21:00 op dié kanaal te siene wees. Die sepie was veral ʼn groot treffer in die tagtigerjare en het die hele land Dinsdagaande tot stilstand gebring terwyl Suid-Afrikaners vasgenael voor die kassie gesit en hulle vergaap het aan die doen en late van die Ewings van Texas.

Die reeks word beskryf as een van die grootste herskeppings van alle tye.

“Anders as ander herskepte klassieke televisiereekse, wat terugkeer na die televisieskerm met nuwe akteurs wat in die oorspronklike hoofrolle geplaas word, verskyn die ‘ware Jakob’ in dié reeks,” het M-Net gesê. “Larry Hagman, Patrick Duffy en Linda Gray vertolk die rolle van JR, Bobby en Sue Ellen Ewing. Hulle word deur ‘n nuwe generasie Ewings bygestaan. Die jong klomp dra tot die storielyn by en vat die Ewing-ambisie en misleiding wat die reeks altyd gekenmerk het, tot nuwe hoogtes.”

Klik hier om die volle verklaring te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.