Dames: ‘Ek het rus nodig’

Brian Dames

Brian Dames

Brian Dames het as uitvoerende hoof van Eskom bedank aangesien hy rus nodig het, berig die Sunday Times.

“Ek wil net bietjie rus…[die werk] vat baie van mens. Regtig dit eindig nooit nie. Ek sê gewoonlik vir mense ek wil net ʼn lewe hê,” het Dames aan die koerant gesê. “Ek wil aandag aan my familie gee. Hulle het baie opgeoffer.” Dames het aan die koerant gesê daar is “nooit ʼn regte of verkeerde tyd om te bedank nie.” Hy het gerugte dat sy bedanking verband hou met spanning tussen hom en Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, verwerp. “Ek het nog nooit ʼn moeilike gesprek met hom gehad nie.” Dames sal tot 31 Maart 2014 by Eskom aanbly. Dames het in Julie 2010 as uitvoerende hoof oorgeneem

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Dit laat my dink aan die spreekwoord van `n rot wat uit `n sinkende skip vlug.

Demokraat ·

As ek ‘n goue handdruk by my werkgewer sou kry, sou ek dalk ook besluit het om te bedank om te “gaan rus”

Ag nee wat Brian, jy’s nog te jonk dat jy nou al rus nodig het – of was jy nie regtig vir die pos geskik nie maar het dit vanweë politieke oorwegings aanvaar ? Vra maar net !

Gideon Erasmus ·

As die kombuis te warm raak, is die maklikste manier om die vertrek te verlaat. Ek woon op ‘n plaas naby waar die veelbesproke Medupi gebou word. Geld word op hierdie projek gemors soos wat g’n mens kan glo nie. Ek glo as Tuli Madonsella die projek ondersoek en alles wat onnodig voor betaal word, sal koppe rol soos wat nog nooit gesien is nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.